
=====================================================================
Eie woord en klank voer mee (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Eie woord en klank voer mee

---------------------------------------------------------------------
Volgens liedjiesangers, s Martjie Roos, het die Afrikaanse musiekwreld 'n behoefte aan sangers wat hul eie liedjies skryf.

Die afgelope paar jaar het 'n nuwe generasie liedjieskrywers na vore getree. Dink maar aan name soos Gert Vlok Nel, Valiant Swart, Andr 
Swiegers, Theuns Jordaan, Karla du Plessis, Herman van den Berg, Elle Chapman, Lize Beekman, Anna Davel en George Rautenbach.

Die plaaslike Afrikaanse musiekmark toon 'n nuwe neiging: om van kommersile musiek weg te breek. Ligte, Afrikaanse nie-kommersile musiek 
(soos die musiek van Karla du Plessis, Theuns Jordaan en Anna Davel) of alternatiewe musiek (soos die musiek van Gert Vlok Nel) is deesdae 
aan die orde van die dag.

Die sanger-liedjieskrywer Theuns Jordaan het by vanjaar se kunstefeeste op Oudtshoorn en Potchefstroom bewys dat die jong mense van vandag 
musiek met betekenisvolle en treffende (selfs potiese) lirieke aanhang. Gert Vlok Nel het  net soos Jordaan  reeds vir hom 'n groot 
groep aanhangers dwarsoor die land opgebou. Verby is die dae toe Afrikaanse liedjieskrywers net stroperige musiek oor bytjies en 
blommetjies geskryf en gesing het. Gelukkig (of hopelik!) is die gebruik om bekende internasionale liedjies in Afrikaans te vertaal ook 
besig om gewildheid te verloor.

By die Aardklop-kunstefees op Potchefstroom was dit duidelik dat daar 'n sterk "oplewing" van belangstelling in Koos du Plessis se musiek 
is. Talle kunstenaars soos Theuns Jordaan, Mathys Roets en Jacques Botes vertolk Koos Doep se musiek en die gehore is baie ontvanklik 
daarvoor. Du Plessis se potiese lirieke leef voort en hy is beslis 'n inspirasie vir jong liedjieskrywers om in sy voetspore te volg.

Beeld, die TV-program Geraas en Janus Musiek se Vuurdoop-liedjiewedstryd het vanjaar weer 'n hele paar belowende jong liedjieskrywers 
opgelewer. Mel Botes (34), wat in die verlede meesal net Engels geskryf en bekendheid met sy projek David's Confession verwerf het, is as 
die algehele wenner in die kontemporre afdeling aangewys. Die naaswenners is twee jong PUK-studente, Yoland Krger en Marlise Scheepers. 
Al drie di jong liedjieskrywers het die beoordelaars met hul unieke, vars aanslag gemponeer.

Drie jong liedjieskrywers, wat in die vorige Vuurdoop-wedstryd na vore getree het, het die afgelope jaar of meer reeds gepresteer. Elle 
Chapman, die vorige wenner in die kontemporre afdeling, het vanjaar by Aardklop 'n nuwe produksie, Soheentoe, op die planke gebring. 
Herman van den Berg se musiek is deur ander bekende sangers soos Mathys Roets en Anna Davel opgeneem, terwyl Eugenie Grobler en Thula 
Siswe, die swart mansgroep saam met wie sy sing, tans besig is met 'n splinternuwe album onder die bekwame leiding van Didi Kriel. Grobler 
en di groep het ook vanjaar in Nieu-Seeland gehore met hul egte Afrikaritmes en deuntjies bekoor.

Maar daar is nog te min knap plaaslike liedjieskrywers in ons land. Volgens Anton Goosen, wat ook bekend staan as die Liedjieboer, is 
liedjieskryf 'n moeilike proses. "Dit kom maar net met baie oefening en baie skryf  dit is 'n vier-en-twintig-uur-bewussynsding. Jy kan 
nie net by 'n lessenaar gaan sit en dink jy gaan nou 'n liedjie skryf nie. Maar wanneer jy die dag 'n goeie liedjie skryf, dan is dit 'n 
bonus. Soos Cole Porter dit gestel het  al skryf jy honderd liedjies en net een daarvan is goed, dan is jy tevrede."

Goosen het hom al baie sterk uitgespreek oor die vertaling van bekende internasionale treffers in Afrikaans. "So lank oorsese treffers in 
Afrikaans vertaal word en sekere organisasies di vertalings ondersteun, gaan ons nooit 'n sterk grondslag vir die skryf van Afrikaanse 
liedjies l nie en sal daar nooit 'n 'ontploffing' van Afrikaanse liedjieskrywers plaasvind nie."

Karla du Plessis, liedjieskrywer, sangeres en dogter van wyle Koos du Plessis, s sy verkies om haar eie liedjies te skryf en te sing. "Die 
enigste bekende liedjies van ander wat ek sing, is my pa s'n.

"Die probleem is dat die meeste liedjieskrywers vir hulself skryf en nie vir ander kunstenaars nie. Sangers wat nie self kan skryf nie, 
sukkel om die regte materiaal te kry. Dit is dus 'n groot bonus as jy die talent het om liedjies te skryf  want al skryf iemand anders 
liedjies vir jou, is dit nie te s dat jy dit goed sal kan vertolk nie. Jou eie liedjies vertolk jy net soveel beter."

Anna Davel, wat vanjaar haar eerste solo-CD, Pers, uitgereik het (sy het 'n hele paar liedjies in di album geskryf), s sy skryf wel soms 
liedjies vir ander kunstenaars waaraan sy nooit self sal raak nie. "Wanneer dit 'n opdragwerk is, voel ek soms dat ek dit nie self 
oortuigend op die verhoog sal kan vertolk nie.''

Sy stem saam dat jy 'n voorsprong met jou eie liedjies het. "Ek hoef dan nie te gaan soek na liedjies nie. As ek iets in my kop het, kan ek 
wel daarby uitkom. Dit is moeilik om vir iemand te verduidelik watter proses liedjieskryf is  dit is 'n organiese proses."

Elle Chapman meen dat daar beslis nog onontginde liedjieskrywers in ons land is wat net op die regte geleentheid wag om raakgesien en 
"gehoor" te word. Martjie Roos is verbonde aan die redaksie van die bylae Plus van Beeld.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7417.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

